Friday, January 6, 2017

Agter-os verken die hemel in die Oos Kaap!

Ek werk stadig weer deur ons blogs en ek mis iets, iewers het ek 'n toer gemis en dalk vir een of ander rede nie gepos nie? Kan dit wees, want dit was drie jaar gelede en dit was die naaste wat ek sou beskryf as hemel op aarde...Balloch!

Beskryf as een van die mooiste plekke op aarde en weggesteek in 'n afgelee hoekie in die Oos Kaap se Drakensberge...Kapaailand...'n trek Noord van Barkly Oos af.

Die pad na Balloch laat mens voel jy is besig om 'n pragtige koffietafel collage van landskappe deur te kyk, die ou klip heining pale gee mens ook 'n ouderwêreldse gevoel, asof mens iewers in die skotse hoeveld ry...





Hierdie is die mooi dele van ons land waarvan so min mense bewus van is. Kenmerkend van hierdie deel van die Oos-Kaap is die sandsteen rotsformasies wat uittower en majestieus oor die landskappe wagstaan.




Ons trek Agter-os styf onder 'n massiewe bak-krans in vir ons kampplek. Hier skuil ook 'n ou ossewa teen hierdie wereld se elemente. Die uitsigte van ons kampplek is asemrowend mooi. Gedurende die winter maande is die landskap toegtrek met 'n wit laken en dan is hier gerieflike ou sandsteen huise van toentertyd wat skuiling teen die kou bied.






Onder in die vallei loop 'n stroompie en kronkel deur die plaas, en die eintlike rede vir ons besoek; ek kan nie wag om die bekende Balloch wilde forelletjies te soek nie, reenboog en bruin forel is vollop is die stroompie en verder af an die plaas opstal toe is daar damme waardeur die stroompie kronkel!





Balloch is 'n idilliese paradys vir enige droe-vlieg hengelaar en die forelletjies is klein, vollop en baie aktief!







Balloch

I’ll hie me away to Balloch,
That sweet and lovely glen –
Deep hidden in the mountains grand,
Far from the haunts of men.
There’s healing there for wounded hearts –
A balm for every pain;
And if you’ve been to Balloch once,
You’ll sure go back again.
It’s lovely in the summer time
Beneath the sun’s warm glow –
It has a “happy fireside climb,”
When hills are white with snow.
For friendship true and real is there,
And love and peace do reign –
And those who’ve been to Balloch once,
Are welcome back again.
The hills that compass it around
Raise rugged peaks on high,
And towering crags where eagles nest
Stand out against the sky; And
Through the glen the mountain stream
Sings such a sweet refrain –
How could you come to Balloch once,
And not come back again?
How silently the evening falls
And stars begin to peep;
The only sounds – the river’s song
And bleet the mountain sheep.
Such peace and rest in cities great,
You’ll look for that in vain:
Then come with me to Balloch glen
Again, and yet again

No comments: