Friday, June 18, 2010
Khubelo Fly Fishing expidition Lesotho
Ek en Sarel is Lesotho toe om te gaan soek waar die groot wilde forel hou. Dr Gideon Groenewald (Fosieljagter in hierdie omgewing) het ons verwys na die baie onbekende en onherbergsame Khubedo vallei. Ons is toe na die Letseng diamantmyn en van hieraf na die plaasike stamhoof se nuwe Lodge op die Khubelo rivier. Die Kubelo rivier is 'n sytak van die Senqu rivier en het die mooiste wilde forel! Jy is nooit aleen nie en word gegroet oral deur die vriendelike plaaslike inwoners. Hierdie deel van die land is baie afgelee en die mense baie arm en leef van die klein landjies af. Ek het baie vis uitgedeel aan kinders. dit was vele male onder -6 grade en om 'n hoogte van 3500m bo seevlak raak dit baie koud. Ons het baie nou en steil kranse met die perde aangedurf maar die basotho ponies is bekend vir hul vasvoetigheid. Wat 'n belewenes, ek wens ek kan dit jaarliks doen. Hier is ook 'n splinternuwe lodge en 4x4 kamp en roete, so die kinders kan tog saamgaan.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment