![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhDVfUpCIMbWgoZqNNoOiJOEFtYJ-A0Lz_OKPAuKkHIAIoclvZYAKIOLS-mNooBjsdhPY1jwKX6Cn676KJzgTy5Q-EXp1I6sKsKMiE3HK6snWkXr3bf9h-ofjpJ8aqLp-J9sKqzyUnvo2Y1/s400/Gastehuis+Mei+2010+003.jpg)
Ons het besluit Prins Albert of eerder Klaarstroom is darem te ver om nie Vrydag oggend te ry nie en ons geniet toe die R62 tot by Willie en Mariska Vorster op sy plaas Scheepersrus. Ons kan die Smitswinkel padstal tussen Calitzdorp en Oudshoorn vir enige mens aanbeveel. Op Scheepersrus was die ander kampers onder die groot ou akkerboom Ludwig en Mariette Malherbe, Sarel en Ronel Swart en Kobus en Ansa Mostert (hulle het in die huis gekamp) en al ons kinders.
Die weer was ongelooflik en die plaas pragtig, Willie het seker gemaak hy bou die beste ablusie gerief en dat die kampplek mooi met gras geplant is langs die stroompie. Die kinders het dit geweldig geniet en buite sig, die kos was heerlik, die sterre helder en die brandhout (dankie vir Johan...tjie...) het gemaak dat ons natuurlik nie 'n voet verskuif het van ons kampplek nie en dat die geselskap nooit op- of droog geraak het nie. Mariska het ons weer bederf met allerhande lekker eetgoed. Ons het ook by Berg(dak...)water gaan vonkel drink en by die Prins Albert skou 'n draai gaan maak om gou 'n paar van Basjan se seerkeel liedjies te hoor en toe kies ons maar weer die kamp onder die akkerboom.
Hoekom moet hierdie naweke altyd so kort wees? Dankie aan almal wat die naweek so lekker gemaak het en Ludwig wat saam met my op 'n staproete...gegaan het, volgende keer los ons net die fietse by die kamp!
Mariska het ook gawe blyplek in klein opgeknapte sprokies huisies en kan gekontak word by: mariska@bergwater.co.za
No comments:
Post a Comment