Karsten en Darhia Vincent en hul kinders is saam met ons in hul G4 Landie. Die Belge laat ons weer besef hoe bevoorreg ons is om in hierdie land sulke mooi plekke te he.
Hiervandaan is ons Laingsburg toe oor die Tankwa Karoo en kamp ons uit net voor Vleiland op pad na die Seweweekspoort. Ons klim eers vir twee ure tot bo op die berg met n klas 3.5 4x4 paaidjie en kom op n beskutte plekkie onder 'n bakkrans waar ons uit die wind kon kamp. Wat hierdie plekkie spesiaal maak is sy afgesonderdheid en die feit dat 'n luiperd hier net dae tevore twee beeste platgetrek het, die spore kon ons oral in die fontein lopies sien saam met die spore van koedoe, duikers, ribbokkies ens wat almal inheems hier voorkom.
Jy het 'n sterk 4x4 nodig om hier uit te kom, maar eers daar is dit hemels - ek weet nie of dit so droog in die hemel ook is nie...
No comments:
Post a Comment