Saturday, June 5, 2010

Richtersveld en Weskus toer 2010






















































Die 3de April ry ons toe van Almo en Christell se 40ste party (great!) op Vleiland via Tankwa Karoo (kan Gannagapas sterk aanbeveel - die hele park vir a vinnige breakaway) toe Calvinia toe en toe Springbok toe - alles agterpaaie. Van Springbok af is ons met agterpaaie McDoegles baai toe tot by Sendelingsdrif en toe in die Richterveld.

Kan die park aanbeveel as jy nie vir jou voertuig omgee nie - my 10jaar oue landie camper het omtrent uitmekaar geskud!

Ons kan die Namakwa park ook sterk aanbeveel en moet besonders wees in blomtyd, sal defitief dan weer gaan.

Neem toe die Rooikat eco roete al teen die Weskus af en toe swaai ons deur die Sederberge tot by die huis.

Los maar die fietse by die huis...

No comments: