
Hierdie is 'n heerlike uitspan padstal op die Ceres Karoo pad, ons het hier duskant die padstal 'n twee spoor paadjie Oos gevolg in die rigting van die Tankwa Karoo en Sutherland. By die padstal kry mens sommer tee en koffie op die huis aangesien die mense hier so uitgehonger is vir 'n geselsie.
Die verassing van die naweek was die Bossieskerm. Dit is 'n "loyalty" padstal waar jy alles kan kry van biltong en droewors en lekkers tot tuisgebakte beskuite en koekies en vleis, bier en koeldrankies op die ys in koelbokse, die vuur is net reg vir aansteek en die blikbekers is teen die mure en ook te koop...die groot verassing is dat jy net jou geld in 'n ou melkkan hoef te sit! Mens kan nie dink dat dit in Suid Afrika so kan werk nie en die melkkan is behoorlik vol geldnote! Dit is egter net 4 maande van die jaar oop en maak toe teen die tyd wat die boere weer met hul vee trek omdat die veld in die droe seisoen giftig raak vir die diere.
No comments:
Post a Comment