![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjeSu7fkSsmRWeRyS20nAVP90bR1iv4Eqvexx7-vR2hbjf3CtriL7StgZ8Of1ACB3r5iuamrveW3xceEOwn5qc6OIfrVZ-BKIehxKj3xEyao0pYWKFX9b53SjSLzbUFRfYzW8lla6ACAu2X/s400/Junie2011+028.jpg)
Ons gesin is verlede week Graaff Reinet toe en het 'n ongelooflike tyd op die plaas gehad, alhoewel ek baie tussen die plase was was daar darem tyd vir speel ook, hier het ek die spoorsnyer Micheal, Marsha en die kinders die boesman tekeninge op Welgevonden gaan wys. Die unieke tekeninge sit ietwat teen 'n oorhangende krans en dit is 'n entjie se stap van die pad af en het n pragtige uitsig oor die vlakte na die dorp.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEj9uJRN1IRU0pKV08GHTgVS6co4H9-9EJgY8FHYDkBuu6iHYoYZWJp6I2ubdc8n4tK8OEk_BJO2_hb80v0jyGjRY-f4cc_QG8561fa86YWLh8MHDOQ6UMGLnrE0eEsLjilrXXv-L5IDoBL3/s400/Junie2011+016.jpg)
Ons ou huis op Welgevonden is maar leeg en koud maar ons het die beste van die "uitkamp" in die huis gemaak en hopelik kan ons weer eendag hier intrek en die ou huis mooimaak. Hier is Lana besig om voor die Aga wat ons lewe gered het te teken.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiTcf8GCu3TqZNLDSpwkNG_5oSLfWg81-IseyKu9qbsn-3S9EqZ_AxhjlMrkFXhEfGwgMgWjzG3fInvGcM4DKk3ZcFFmfHF9U90ZMWF_33TKhC8pD8U8kg30OB52CjvRRpRNNkVR_5wHygd/s400/Junie2011+023.jpg)
Heelwat van die ou tekeninge is al deur die jare verweer maar hier en daar is daar nog mooies.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEi77to4aXAONhj5U6HhiGNdpGGdd3NVHJe4K56h8TfpzDUuDNOwv1x4m2Z7e34YqVYVjEN2nAhHraySRfYr3MgdRhQGEo-04CT-Brj12jtXalSJyOZEdAtnLDzTrghfkXpuyEDHKe4pziYq/s400/Junie2011+017.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEg_JUopo5LkGxSaWJ0CSdl3JHClk4jtjTsj1llIn4VDg_uYo6T3KkYA9yfc3ZTrP_HvzYopKxIzRmPWpFv7DM2dbLrFi9VVFpv8BY7UtoT0BrSeQ-m5NdAXmMSqULECg7fYsexTVWPymWWV/s400/Junie2011+006.jpg)
Die fonteine loop oral en hier speel die kinders by die fontein loop voor die huis. Ek het klein bootjies gekerf waarmee hulle in die stroompie gespeel het.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEijPq6bqoLDQi7VEuV4gs7kGXdL5Nwa64A6QhgisMdna8NnGj-PRie4wXGwmczO_FNf1TFpnXpC_cOdGAotL42VWaDF4dvyAJu57oPcAsOMVcfvzjkxZ7S3v-dSEoBs0kkjj6dEWVB84jcd/s400/Junie2011+007.jpg)
Micheal is die spoorsnyer en sy taak is ook om mense (en kinders) in die veld te neem en hulle te leer van spore, diere, insekte, plante en voels en die kinders het dit baie geniet. Die een dag het hy met Anna op die skouer en die perde in die ander hand by die huis gekom want Anna het op die perd aan die slaap geraak en byna afgeval!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjJUT0A3O2XMcidrY-G1GwELHltB4hwAfEEIgE8Y12cYk9Bi1yWXPMXAP38hN2uyatMKk7NX0N4KZfdDwo7YM7nHfV__8dQ4CwlNJDeP6sJxWwiEdH03PzWobLvAt9eSQVlBO6UNhmhDTLy/s400/Junie2011+063.jpg)
Ons het vir Richard en Darren Slater op Mount Camdeboo gaan kuier. Hulle een veldwagter het n wilde kat teelprojek begin en hier is die klein wildekat, hulle is almal mak soos huiskatte en die kinders kon hulle selfs optel en vryf!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEheurHyc_JZ0bIfZ_Wu-1rWrG0riAGKSfLLYhn2iMumd3jVgh6DSKWop56n0sVmGgLXxI1XhjCYyuBXR-HwrQGF6EsuPzDNSkyaBUkCNJXxNHksWuxw9bJ5ufS8b_4rQCIP_xEMCCMBrC8Y/s400/Junie2011+019.jpg)
Lana met een van drie klein Tierboskatte wat so mak is hulle hardloop na jou toe as jy hulle name roep!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhPydHX8xSvgNfFyCdLHpP6ZmDp2NAJ5cHWDc9uBOpAMVd5Qxq0uaDm4Qaw2LYko6vm7YW8f6OeFwI7Z9qPUY9SFBLgNQQmVuiP5OcBc7Lk5VbI1BteVCmjvXDodhdvBv0Poua0EnCpJD_S/s400/Junie2011+029.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEikphyphenhyphenYPaQ-W3rKDDMfiOxGzz3dc7omEeKS_uM_eSo7fbB8XZ_bt2zvg1DmYRUXmuywv0Z2K3lICr69Dq2UcOXQXzttcnJWhxau1vtDa140kX9YnrLOaQQf5LBL6ovXAU7b7OlLxbUZBIoM/s400/Junie2011+065.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgnL8ajlAZ5Ww4I2CETtWfTOobe5xNGKRaaHbIst9in_dDkuzFjqoupC4yzrpcTD1T4g0PdvuoeV7mCZDgiqv6piB0KSSLOGgzcUs0LbbQ2HH3enXPyyp2DHZ6cKPtnNWPQwr_XStHUrbL9/s400/Junie2011+069.jpg)
Die mak rooikat wyfie wil net aandag he en ek moes bont staan om 'n behoorlik gefuksde foto te kon neem. Ek weet nie wie dit die meeste geniet het nie, die kinders of die rooikat nie!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhW_7JpDv_NHru5POjGE26CSh4p8e4Rru1Ci-pb_ZaAIPldYrpL6nFP3GXXuBwPRtgDdslgHgjyUkuDKxk7nfttOsSsIx-WFhOoYA3bJMYl32BDieoLcCGxgGAV8v07vw8rCxg2lwYsX9WP/s400/Junie2011+067.jpg)
Ons is Saterdag Somerset Oos toe vir die biltong fees en ek het gaan fietsry (wat biltong ontbyt, Tiquila, koeksusters en melktert ingesluit het op die roete)! Dit was 'n hap-en-trap roete en jy het nie regtig geweet jy ry fiets nie! Ons het ons tuisgemaak by die verhoog waar Liani Mai?? opgetree het, die kinders was in ekstase en my kop is nou nog seer!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEg5XBI0rIXsDcFPB-cjpqnO74HuQ5LKysXRN-_HTLUI1E-j79Fl82DgWd8LWNm-0mWUcc7kaeBQSZWiFo6QGzmdF95rXyWkeJTp1YnpUJvmgnS7uz_BhJERJxwf-tC1aDjdZD6bq-JGJEZb/s400/Junie2011+073.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgXcFLPtg7_tn2MB9l0vEZMQ2jNZz7Gv5o0QjFc9_I0WH2347Sb6zc2IHoEgkQkmaghnvZ33OS1W9g2bg4bIyMUVHyJiv2YhZPfF-GBx0NYV9sbulazfF4KfGrR2vFbkQFNz1XW0eKe3s_Z/s400/Junie2011+072.jpg)
Wie nie bang is nie kom saam volgende keer!
No comments:
Post a Comment