Monday, April 18, 2011

Van KKNK oor die Kei

So tussen Marsha se melk - kaasmakery en die aankoms van my nuwe inheemse bokke besluit ons toe om die pad te vat, die kinders by Ouma en Poupa by die KKNK af te laai en koers te keis Wildekus toe. Marsha lyk so tevrede om 'n wel verdiende blaaskansie te neem.
Een aand en een vol dag was dalk net een aand te kort by die KKNK, maar nog 'n dag sou definitief te lank wees! Die KKNK is 'n miernes van bedrywighede maar dit het oor die jare baie gees verloor, baie duur geraak en veel minder mense begin lok. Ek hoop die fees kan weer beter dae sien!


Ons ry toe van Oudtshoorn deur die Kammanassie oor Kareedou en Humansdorp Oos london toe en slaap die eerste aand by Boesmansrivier. Hierdie is die "Sandbar" en dryf op die rivier. Dit is baie lekker, baie kos en lae pryse - beslis aan te beveel!

Hier gaan ons oor die Kei, R60 vir die landie en as jy a "local" is is dit 50c! Die pond word slegs rondtom hoogwater gebruik so kies maar jou tyd reg. Ons moes twee ousies gellentheid gee tot by hul tuisdorpies so 40km weg wat hulle andersens met die voet moes afle.
Haga-Haga privaat boskamp. Ons was maar gelukkig dat een van die boere vir ons sy eie staanplekkie in die bos beskikbaar gemaak het die aand.


Die locals is oor die algemeen baie meer vriendelik as wat almal jou waarsku enbaie behulpsaam en sal enigiets doen om ietsie te verdien.
Die Transkei is 'n wemelmoes van groen klowe en kleurvolle huisies, jy moet mooi kyk om 'n enkele stukkie papier te sien rondle. Dit is pragtig en toegang geld definief eerste vir die diere op die pad. Wees maar geduldig die bees, donkie of perd stap NIE uit die pad nie!

Soos die bordjie se, Double Mouth naby Morgan Baai


Op pad na Mazzeppa Baai. Die landskap is prentjie mooi, maar hier is geen aanwysings nie en as mens meer tyd he gaan jy op baie meer idiliese strandjies en riviermondings uitkom as waarvan meeste mense weet. Die Transkei se kus is definief 'n avonturier se paradys, die strandjies kon net sowel op die maldives gewees het.

Mazzeppa Baai Hotel, ver van alles maar 'n romantiese "eiland' wegbreek soos min, teen 'n fraksie van die kostes. Hulle het selfs 'n bussie wat jou op Oos London lughawe sal kom haal.
Die hangbrug na die Mazzeppa eiland. Groot vis word van die eiland gevang.
Uitsig oor die eiland.
Vars Kabeljou vir die vuurtjie vannaand!
"Strandlopers"
Op pad terug ry ons deur die Transkei na Cradock, slaap oor op Graaff Reinet en die volgende aand by die Outeniqua Trout Lodge op die Prins Alfred's Pas, hulle sien ons beslis binnekort weer.

Transkei paaie, baie druk "verkeer"!
Moet nie deur Cradock stop sonder om hier by Mila's op te vul nie, neem jou eie wyn saam, die kos en geselskap is die stop die moeite werd.
Die wit goed in die pan is vars geplukte sampioene, heerlik met so knoffel botterjie, braaipap, wors en steak!

Die 3000km en 6 dae was heeltemal te min tyd. Gun jouself 10 dae minimum om hierdie pragtige deel te besoek, neem 'n behoorlike GPS saam met Tracks4Africa om al die weggesteekte plekkies te ontdek en neem vriende saam om dit te deel. Die paaie is heerlik en netjies, nie vol slaggate soos almal se nie. Rondtom die stede bly ek weg en die paaie is ook baie slegter hier. Ons kan nie wag om weer te gaan nie!




No comments: