Ons is Saterdag Elandskloof toe (Kaaimansgat) om te gaan kyk of die forel al byt. Die uitslaap was lekker maar die forelletjies was maar klein! Ek het als probeer, van die kant en van die float-tube maar hulle wou nie groter word nie... Lana het ook n klein swartbaars gevang. Dit is 'n ongelooflike mooi plek en die vallei is totaal omring deur berge en kan net van een kant af binne gegaan word ons druiwe wat uit hierdie valleitjie kom maak die mees amazingste wyn, julle kan maar proe! Hier is net 4 plase en dit sneeu nog hier in die wingerd in die winter, kyk gerus op ons webtuiste www.rupertwines.com
Hoop die forel raak vinnig groter!
No comments:
Post a Comment